Rikus Strauss

Albert Minaar

Rikus Strauss

Nadat Rikus Strauss hoërskool in 2014 voltooi het, het hy sy studies aan die Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) begin.

In 2015 vertolk hy die hoofrol van Eric in die musiekblyspel “Once Upon a Song” en is hy ook die klankontwerper vir die teaterproduksie “Kos en Liefde op Wiele”.

In 2016 het hy ’n kameerol in die Afrikaanse film, “Jou Romeo” en vertolk hy die rol van Sebastian in die teaterproduksie, “Dalk”. Hy is ook te sien as Stuart in die toneelstuk, “Who Needs Therapy”.

In 2017 het hy rolle gehad in twee kort toneelstukke, naamlik as Henry in “#OneBulletOnePolititian” en as Die Kaptein in “Yo Ho”.

Hy voltooi sy studies aan PALI en gradueer met ’n Diploma in Visuele en Opvoeringkuns.

Daarna vertolk hy die rolle van Bobby in die verhoogstuk, “Plekke” en slaan hy die rol van Tjattas los in die sepie, “7de Laan”.

In 2018, is Rikus te sien as die hoofkarakter, Matthew Cole, in die kortfilm “The Defining Moment” en tree hy ook op as die hoofkarakter in ’n kortfilm “Vision” en as Clay Blackwood in “The Fork In The Road”.

In 2019 het hy teruggekeer “7de Laan” toe en maak hy ook sy verskyning in die nuwe kykNET-reeks “Tydelik Terminaal”. Hy vertolk in dieselfde jaar die rol van die nare Zahar in Oak Jeugteater se “Aladdin”.

Albert Minaar (28)

Albert is ’n skoonma se droom. Hy is saggeaard en het ’n goeie sin vir humor met ’n geneigdheid om soms ’n bietjie laf te wees. Albert het ’n kantoorwerk en kan gewoonlik nie wag om terug Konettie toe te gaan nie om die liefde van sy lewe, Stephanie, te sien nie.