Anine Scheepers

Kostuums, Grimering en Hare

Anine Scheepers
Kostuums, Grimering en Hare

Anine het in 2010 gegradueer van die Universiteit van Pretoria met ’n BA in Verbruikerstudies. Daarna het sy in die televisie-industrie begin werk in die garderobe departement van die plaaslike sepie, “Generations”. Na dit het sy op die sepie “Binnelanders” gewerk.

Tydens haar tyd in die TV-industrie, het sy besluit om die wêreld van die film-industrie te verken. Sy het aan verskeie plaaslike films gewerk en was ook doenig in die advertensiewêreld.

In 2016 het sy besluit om die kennis wat sy in die industrie opgedoen het te deel met studente aan AFDA waar sy aan die hoof was van Kostuums, Grimering en Stilering.

Sy werk op die oomblik as hoof van skoonheid en SFX-grimering aan ’n gruwelreeks wat later in 2020 vertoon gaan word.