Elani Dekker

Nicky Van As

Elani Dekker

Elani Dekker is ewe talentvol as ’n aktrise en danser.

In 2015, het sy haar eerste hoofrol in die speelfilm, “Jou Romeo” losgeslaan. Sy vertolk die rol van Yvette Verwey in hierdie romantiese komedie. Sy is ook een van die hoofkarakters, Pizzaface, in “Vaselinetjie”, ’n film gebaseer op die bekroonde roman met dieselfde titel deur Anoeschka von Meck.

Elani het ’n beurs van The New York Film Academy (NYFA) ontvang en het in 2015 die Acting on Film-kursus aan NYFA voltooi waar sy saam met kunstenaars van regoor die wêreld gewerk het.

Sy was ’n aanwins as assistant-produksiebestuurder in 2015 op die stel van die film, “Sink”, met Brett Michael Innes as regisseur.

In 2018 het sy een van die hoofrolle vertolk as Lisa in die romantiese film, “Liewe Lisa”. Sy het ook haar debuut gemaak in die 2018-seisoen van “Binnelanders” as Monique, Dr Annelize Roux se suster.

In Junie 2018, het Elani saam met regisseur René van Rooyen aan die film, “Toorbos” gewerk, gebaseer op die aanpassing van bekende skrywer Dalene Matthee se blitsverkoper 2003-roman met dieselfde naam.

Elani vertolk die hoofrol van Karoelina Kapp.

Nicky Van As (23)

Nicky is ’n petite, jong meisie met ’n sonbruinvel wat beklemtoon word deur haar interessante haarstyle. Sy straal kinderlike onskuld uit, maar het ’n gutsy geaardheid, veral wanneer dit kom by Dieter se Konettie huisreëls wat sy gereeld breek en wat tot boetes lei.