Vergeet My Nie
Na die aaklige verbrokkeling van haar verhouding, pak ‘n gekultiveerde student in die klein dorpie Potchefstroom haar tasse vir die opwinding en liggies van Londen. Sy raak verlief op ‘n aantreklike, kaalvoet Namibiër, maar laat haar vrese die beste van haar kry. As hy jare later aan haar deur klop met beloftes van horisonne en ‘n lewe saam, kan sy veilig speel en die aanloklike stadsligte kies, of sy kan alles waag vir sonsondergange, sandduine en kaalvoetliefde.













