Kenley Swart

Lara Hattingh

Kenley Swart

Kenley Swart was op Bellville-Noord Laerskool en het aan DF Malan Hoërskool gematrikuleer. Sy het in 2014 haar BA in Teaterstudies en Opvoering aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

In 2015 en 2016 het sy die Hoër en Gevorderde Sertifikate in Film-Opvoering by Act Cape Town (ACT) in Kaapstad voltooi.

Terselfdertyd het sy ook begin werk as ’n deeltydse drama-afrigter by die Stage Performing Art Studio.

Haar studies by ACT het tot wonderlike geleenthede gelei en sy het rolle vertolk in die kortfilm “Unspoken” deur Nicola Hanekom, asook die teaterstuk “Girls Just Wanna Have Fun” by die Woordfees in 2017.

Sy het ook die geleentheid gekry om agter die skerm te werk en het bygestaan as produksiekoördineerder en tweede AD op die speelfilm, “Cut-Out Girls”waarvan die regie deur Hanekom behartig is.

Nadat sy haar studies voltooi het, het sy ’n lektrise geword by Stage 39 se voltydse opvoerende kunsprogram.

Kenley het in 2019 die rol losgeslaan as Lara in haar eerste speelfilm, “Vergeet My Nie”.

Lara Hattingh (21)

Lara is die sosiale vlinder! Die manne kan nie hulle oë van haar afhou nie, weens haar voorkoms en haar sin vir styl en mode.

Sy vermy die alledaagse, die vervelige en die voorspelbare dinge in die lewe, aangesien haar beste vriendin, Mardaleen, hiervoor opmaak.

Sy is ’n mentorfiguur vir Mardaleen, maar is egter nie onbewus van hartseer en pyn nie. Sy’s lojaal en die soort mens wat jou bystaan wanneer tye moeilik raak.