André Velts
Regisseur
André Velts Regisseur

André Velts is nie net ’n akteur wat in TV, film en teater spesialiseer nie, hy is ook ’n vervaardiger en ’n bekende regisseur. In 2006 het hy sy eerste internasionale rol gekry in die film “The Raven” en het in 2007 in die internasionale askiefilm “Tunnel Raz” gespeel.
Daarna het hy ’n rol vertolk in die film, “Bloedspoor”, en ook in TV-dramas en sepies, soos “Generations”, “Donkerland”, “Bloedbroers”, “Sterlopers”, “Villa Rosa” en “Getroud met Rugby”.
André het die film “Koringberg” vervaardig wat hom laat besef het dit is waar sy passie lê. Hy het dadelik begin werk aan die ontwikkeling van “Knysna” die film, en het die vervaardiging en regie daarvan behartig. Hy is ook die regisseur van die films “Die Pro”, “Jou Romeo”, “Raaiselkind” en “Vergeet My Nie”.
Verlede jaar was André deel van ’n 13-deel TV filmreeks vir Deon Opperman Produksies. Hy het agt van die 13 films se regie behartig.