Amalia Uys

Thea Hendriks

Amalia Uys

Amalia Uys is in Springbok in Namakwaland gebore, het in Pretoria skoolgegaan en gradueer in 2006 aan die Universiteit van Pretoria met ’n BA Drama-graad. Sy het haar loopbaan in toneelspel begin op die gewilde SABC sepie “7de Laan” in Junie 2006.

Nadat sy die produksie in 2013 verlaat het, het sy rolle vertolk in die gewilde kykNET sepies “Binnelanders” en “Suidooster”, het sy verskeie plaaslike en internasionale advertensies gedoen; asook verhoogproduksies, verskeie televisiereekse en kameevertolkings in speelfilms.

In 2015 het Amalia aan drie speelfilms gewerk wat in 2016 vrygestel is. Sy het die hoofrol en klassieke femme fatale in Karoo Films se film noir “Double Echo” gespeel en ’n ondersteunende rol in Scramble Productions se veelvuldige bekroonde en ontroerende “Sink” met regie deur Brett Michael Innes.

In September 2016 het die romantiese komedie “Sy Klink Soos Lente” in teaters begin wys. Dit was Amalia se eerste rol in ’n Afrikaanse film. Sy het gespeel teenoor ’n dinamiese, vars en sterbelaaide rolverdeling.

Amalia geniet dit ook om agter die skerms te werk. In 2015 was sy hoof-kostuumontwerper en hoof van kostuums vir die post-apokaliptiese fliek, “Last Broken Darkness”, en in 2016 was sy een van die vervaardigers asook ’n produksiebestuurder vir die aksieriller “Jagveld” deur die bekende skrywer Deon Meyer.

In 2016, het Amalia na Kaapstad in Suid-Afrika verhuis. Wanneer dit by haar loopbaan kom, hou sy van uiteenlopendheid. Die vryskutleefstyl is altyd aan die gang en Amalia hou daarvan om bedrywig te bly deur internasionale advertensies tydens die seisoen te doen, om in teater op te tree (“Die Vrou uit die See”, 2017; “Betroudag”, 2019), op film (“Vat ’n Kans” en “Die Skandaal”, 2019) en vir televisie (“Spoorloos” 2018).

Amalia het haar liefde vir aanbied begin verken in die mees onlangse seisoen van die SABC-produksie “Pasella”. Later hierdie jaar sal sy in nog ’n opwindende werklikheidsreeks wees wat vir die eerste keer in Suid-Afrika gaan wys.

Amalia is ook ’n ervare MC en geniet dit om motiveringspraatjies aan korporatiewe en opvoedkundige fasiliteite te bied.

Haar motto in die lewe is om te glo dat alles moontlik is met harde werk, deursettingsvermoë en visie. Sy is lief vir die natuur en alle lewende wesens, en gee nooit op op vrede en liefde en om dankbaar te wees vir hierdie menslike ervaring nie.

Thea Hendriks (30)

Thea is ’n vrolike siel en is van kindsbeen af vriende met Hugo en Dieter. Sy straal innerike skoonheid uit wat beklemtoon word deur haar natuurlike mooiheid. Thea is ’n plat-op-die-aarde plaasmeisie. Sy is deel van Konettie, maar reis en werk op luukse skepe.