Fiona Ramsey
Vivienne Tiff
Fiona Ramsey

Fiona Ramsay is een van Suid-Afrika se mees formidabele aktrises en het al plaaslik, en in Amerika en in Engeland, op die verhoog en op die skerm opgetree.
Haar loopbaan in teater het baie hoogtepunte met nominasies vir haar rolle as Prinses Kosmonopolis in “Sweet Bird of Youth”, Stella Goldschlag in “Blonde Poison”, Marlene Dietrich in “Miss Dietrich Regrets” en Sister Aloysuis in “Doubt”.
Sy verskyn ook gereeld op televisie in plaaslike en internasionale produksies soos “Black Sails”, “Homeland”, “Dominion”, “Scandal”, en “Justice for All”.
Haar talente as dialoog-afrigter vir film, televisie en teater is gesog. Sy werk in hierdie hoedanigheid aan onder meer, “The Dark Tower”, “Roots”, “Mandela: Long Walk to Freedom”, “The Giver”, “The Bang Bang Club” en “Winnie”.
Vivienne Tiff (88)
Fiona vertolk die rol van die ou dame wat in Londen deur Mardaleen versorg word. Viviene Tifft is ’n erotika romanskrywer met emfiseem en sy het nie ’n wag voor haar mond nie. Mardaleen moet gereeld die inhoud van haar boeke hardop vir haar lees. Sy het ’n doktorsgraad van Harvard en het baie boeke met uitlokkende buiteblaaie en titels gepubliseer.
