Eva Du Preez

Redigeerder

Eva Du Preez Redigeerder

Eva du Preez werk al sedert 2012 in die Suid-Afrikaanse film- en televisie-industrie as ’n vervaardiger, draaiboek-toesighouer en redigeerder.

Sy het haar redigeringsloopbaan in 2012 begin met die TV-reeks “Die Boland Moorde” en is vir haar werk daaraan genomineer vir ’n SAFTA.

In 2013 het sy haar vervaardigingsdebuut gemaak met die bekroonde kortfilm “Toevlug”.

Daarna het sy in alle aspekte van die Suid-Afrikaanse TV-industrie betrokke geraak en het draaiboektoesighouding gekombineer met naproduksie en redigering op werklikheids- en dramaformate. Hierdie sluit in “Jan Braai”, “Die Byl”, “Die Boland Moorde”, “Die Boekklub”, “Alles Malan” en “Fynskrif”.

Daarna het sy saam met Christiaan Olwagen gewerk as draaiboek-toesighouer en aan kontinuïteit aan die veel bekroonde film, “Johnny is nie dood nie”.

Na die sukses van die film, het Eva haar eerste speelfilm, “Kanarie” in 2016 redigeer. Sy is in 2018 en 2019 by die kykNET Silwerskermfees aangewys as Beste Redigeerder vir haar werk aan “Kanarie” en “Poppie Nongena” onderskeidelik. Ander speelfilmtitels sluit in “Die Seemeeu”, “Ander Mens” en “Vergeet My Nie”.