Waldemar Coetsee
Produksieontwerper
Waldemar Coetsee Produksieontwerper

Waldemar Coetsee het sy professionele loopbaan in die filmindustrie 11 jaar gelede begin terwyl hy aan AFDA in Johannesburg studeer het deur op elke studentefilm waarop hy moontlik kon, bystaanwerk te doen.
Met sy pa se betroubare Land Rover as geselskap, en baie slapelose nagte, het hy soveel ondervinding as moontlik in die industrie opgedoen.
Na hy sy studies voltooi het, het Waldemar as stelversierder op verskeie internasionale en nasionale projekte, soos ‘White Light’, ‘Tornado’ en ook die suksesvolle tienerkomedie ‘Bakgat!’, wat deur The Film Factory vervaardig is, gevorder.
Na hy sy eerste deurbraak as HOD op die stel van die M-Net reeks ‘Innocent Times’ gekry het, het Waldemar nog nooit teruggekyk nie. Sedertdien, was hy die produksieontwerper op 21 films en vier televisiereekse.
Hy het ook waardevolle ondervinding as kunsregisseur opgdoen in verskeie TV-reekse en films (insluitend ‘District 9’) en is ook vernuftig as ’n spesiale effekte kunstenaar.
Waldemar pas maklik by enige situasie aan, byvoorbeeld as kunsregisseur in Ethiopië op die multinasionale produksie, ‘Mandela’s Gun’.
Hy is vir drie Safta-toekennings genomineer, naamlik vir sy werk op ‘Roepman’, ‘Room 9’ en ‘Faan se Trein’. Hy ontvang hierdie toekenning vir sy werk aan laasgenoemde.
Afgesien van sy passie vir periodestukke, kombineer Waldemar estetiese elemente met sy praktiese kennis en ondervinding.
Wanneer hy ’n nuwe projek aanpak, is sy verantwoordelikheid om stories visueel oor te dra, om die regisseur se belange te verteenwoordig en om die begroting in ag te neem, van kardinale belang.
Binne hierdie raamwerk en agtergrond, lewer Waldemar ’n onmiskenbare bydrae tot projekte – en dit is opvallend in sy passie asook die eindproduk van elke suksesvolle projek waaraan hy al gewerk het.