Pietie Byers
Dieter Engelbrecht
Pietie Byers

“Ek wil mense beter laat voel. Ek is ’n akteur en ’n skepper,” sê Pietie Beyers.
Pietie het onlangs die Suid-Afrikaanse speelfilm “Skemerson” geskryf en hy was ook akteur in die rolprent en die mede-vervaardiger.
Benewens sy rol in “Vergeet My Nie”, gaan hy ook te sien wees in twee ander speelfilms wat in 2020 vrygestel gaan word, naamlik “Meisies Wat Fluit” en “Wesens”.
Hy is ook ’n stemkunstenaar vir radio-dramas en is die mede-aanbieder van die potgooi, “So loop hy maar die lewe en so”.
Dieter Engelbrecht (27)
Dieter het skerp kenmerke, hare wat altyd in sy gesig val en hy dra ’n oudmodiese bril wat hom effens meer aantreklik maak. Hy dra dikwels ’n 90’s windjekker of sy neef, Hugo, se donsveer-baadjie.
Hy is ’n sagmoedige reus wat dit geniet om die spot te dryf, maar hy breek nooit die reëls nie. Dieter is in beheer van die finansies van Konetti aangesien hy ook daar woon.
