Sean-Marco Vorster

Hugo Derks

Sean-Marco Vorster

Sean-Marco is ‘n akteur, skrywer en regisseur. Hy het in regie en teksskryf by AFDA gespesialiseer en het verskyn in die Afrikaanse films Lyfstraf, Die Windpomp, Strikdas en Susters.

Op 28 het hy dalk meer tyd agter die kamera se lens as voor dit spandeer, maar die jong regisseur, vervaardiger en akteur se liefde vir stories vertel het hom van kleins af gelei na n lewe in die vermaakbedryf.

Sean-Marco het na skool aan die AFDA-filmskool in Kaapstad studeer nadat hy skool klaar gemaak het by die Hoer Jongens Skool Paarl. Hy het in regie en teksskryf gespesialiseer – min wetend dat hy in die internasionale advertensiebedryf sou beland. Buiten sy flieks was hy in die SABC 1 – jeugdramareeks Amaza te sien en hy was mede-aanbieder van die Afrikaanse leefstylprogram NAweek op SABC 3. Vir sy werk as aanbieder op SABC 2 se Pasella, is hy in 2017 met die ATKV-Mediaveertjie vir die beste aanbieder van n vermaaklikheidsprogram beloon.

Hugo Derks (24)

Hugo is ’n kaalvoet, sjarmante ou met onweerstaanbare oë. Met sy gespierde lyf, lyk hy soos ’n Griekse god en maak hy die dames se knieë lam.

Hy hou daarvan om sosiaal te verkeer en geniet dit om ’n bier te drink saam met sy vriende rondom die vuur, al is dit tien uur in die oggend.

Hugo verlang na die horisonne en pleine van sy tuisland, Namibië, waar hy beplan om eendag te boer, maar hy wil eers reis.

In Londen is Hugo soos ’n vis op droë grond. Hy’s prakties en plat op die aarde, en loop so veel moontlik kaalvoet. Hy glo daarin om reguit te wees en om homself te wees. Hy heg waarde aan vriende en familie, sy geloofstelsels en ’n eenvoudige lewe.