Loki Rothman
Oorspronklike Musiek
Loki Rothman
Oorspronklike Musiek

Loki Rothman het bekendheid verwerf met sy kitaarspel op die eerste seisoen van “SA’s Got Talent” in 2009. Hy het plaaslik en internasionaal saam met die gewilde rapper Jack Parow opgetree in onder meer Moskou, Holland, België en Londen. Daarna het Loki begin fokus op ’n solo-loopbaan as ’n kitaarspeler, sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger.
Sy eerste debuut solo-album “The Way Back” is in 2016 vir ’n SAMA-toekenning genomineer. Sedertdien het hy ook saam met verskeie kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Riana Nel en Laurika Rauch gewerk.
Hy het twee enkelsnitte vrygestel, naamlik “Blou” saam met Rauch en “Ons op ons eie” vir die film, “Jou Romeo”.
Loki en Rauch het ’n Ghoema-toekenning ontvang vir Luitoon van die Jaar en hy het ook ’n Woordfees-toekenning gewen vir Beste Solo Kunstenaar in die Kontemporêre Musiek-kategorie.