Arno Greeff

Braam Malherbe

Arno Greeff

Arno Greeff is een van Suid-Afrika se mees ervare akteurs onder 25. Vandat hy sy loopbaan op die ouderdom van 18 begin het, het hy al in agt films opgetree, in vier sepies rolle vertolk met meer as 300 episodes onder sy belt en is hy ook te sien in twee televisiereekse.

Buiten akteurswerk het Arno as regisseur en kameraman gewerk op kykNET se “Leef Jou Reis” met Gerrie Pretorius, en is hy ook ’n permanente aanbieder op “Fiësta”.

Onlangse werk sluit in “Tydelik Terminaal” en die nuwe Huisgenoot-film, “Vergeet My Nie”.

Arno het ook ’n prominente rol in die plaaslik vervaardigde “Blood and Water”, wat vanaf April 2020 op Netflix se internasionale platform beskikbaar sal wees.

Braam Malherbe (22)

Hy is Mardaleen se hoërskoolliefde en het ’n Bon Jovi-perm en ’n voorkeur vir rolkraagtruie en Tommy Hilfiger-geïnspireerde klere. Hy verneuk haar, rook en jok daaroor.