Leché Joubert

Stephanie Klopper

Leché Joubert

Leché het in 2018 aan The Performing Arts Lifestyle Institute (PALI) onder leiding van Shareen Swart, André Velts en Kaz McFadden, om ’n paar te noem, gegradueer.

Nadat sy rolle vertolk het in kortfilms, soos “Acetone”, “I Literally Died” en “Punteskaal” kry sy haar eerste rol in die speelfilm, “Vergeet My Nie”.

Afgesien van haar liefde vir film, het sy ook al rolle vertolk in verskeie teaterproduksies, soos “Balance”, “The Bridal Party”, “Rumour Has It” en “70 Grade Sterker”. Sy het ’n paar van haar eie toneelstukke geskryf en die regie daarvan behartig.

Sy is ook ’n opvoeringsafrigter by die PALI Jeug-Afdeling waar sy die geleentheid kry om jong talent op te lei en om hulle te help om hul kreatiewe grense te verskuif.

Stephanie Klopper (27)

Stephanie het ’n stil geaardheid en houding met sterk waardes. Sy is Albert se ware liefde en werk as ’n verkoopsdame by ’n afdelingswinkel in Londen. Sy woon saam met Albert in Konetti.